Algemeen
BRITS BROKKIES - 2010
Laerskool Brits publiseer jaarliks ons skoolkoerant, die "Brits Brokkies" gedurende Oktobermaand. Daarin word die vele prestasies van die Britsies op verskeie gebiede ten toon gestel, asook die verskeidenheid aktiwiteite wat aangebied word in Laerskool Brits. Aangesien ons hierdie jaar ook ons 100e bestaan vier, gaan ons poog om dit 'n spesiale blad te maak met talle volkleurfoto's.
Ongeveer 1 500 kopieë word gedruk, en dit word gratis aan elke huisgesin van die skool geskenk, en dit word ook oral in die dorp en gemeenskap versprei.
Hiermee rig ons 'n vriendelike versoek tot u om 'n advertensie van u besigheid te plaas in die Brits Brokkies of om 'n donasie te skenk.
Me. J. Scott is die skakelpersoon en u kan haar gerus kontak indien u sou belangstel. Haar kontaknommer is 012-2523317 of 082 493 8238.
Die koste hieraan verbonde, asook Bankbesonderhede, word hierby aangeheg. U kan die geld skool toe stuur, of die bewys van betaling, asook die advertensie wat geplaas moet word, na Me. Scott. U is welkom om dit ook te faks na 012-2521676.
Byvoorbaat dankie vir u vriendelike ondersteuning.
ME. J. SCOTT : SKAKELPERSOON
P.C.J. LOOTS : HOOF