Die skool
Erekode:
Ons leerdes streef nougeset dit wat in die erekode saamgevat is na:
* In ons skool streef ons die Christelike lewensbeginsels na en gee die ereplek aan die Drie-Enige God en Sy woord.
* Ons talente het ons van Hom ontvang en wend dit aan tot Sy eer.
* Ons gehoorsaam en eer ons ouers en onderwysers.
* Ons sal ons te alle tye waardig gedra sodat ons optrede die skool tot eer sal strek.
* Ons glo in selfdissipline, nederigheid, hoflikheid en lojaliteit.
* Ons hou onsself en ons omgewing skoon en rein.
* Ons dien ons Skool, ons Taal en ons Land getrou.
* Hand aan die Ploeg, Laerskool Brits.