Die skool
Etos:
As Beheerliggaam, ouers, personeel en leerders aanvaar ons die volgende:
* Laerskool Brits is gefundeer in Christelike beginsels en dat dit van elkeen verwag word om dit uit te leef. Die oppergesag en almag van God Drie-Enig word erken.
* Die gesin is die primêre opvoedingsbasis van elke leerder. Daar word van ons leerders verwag om volwasse persone se gesag te erken en dit te aanvaar. Volwassenes sal poog en daarna streef om elke leerder met liefde, geduld en begrip te lei en te ondersteun.
* Die belange van die skool word bo eie belange en behoeftes gestel. Daarom sal gepoog word om te alle tye, deur ons gesag, optrede, taal en denke die mooi naam van die skool uit te dra, te bevorder en gestand te doen.