HOU DIE SPASIE DOP VIR TOEKOMSTIGE #FEESFIKS OPTREDES

Vir navrae stuur ‘n e-pos na bemarking@lsbrits.co.za

Oppad in 2019

 

Wildsfees 2019: 27 Julie 2019

 

Die Britsie-Fees 2019

#bethatguy

 

Vir navrae rig ‘n e-pos aan bemarking@lsbrits.co.za

Kermis 2019

Die Kermis 2019 vertoning vind 8 Maart plaas met Jan Bloukaas en Demi Lee Moore. Bring jou kombers en kuier saam met ons op ons sportvelde. Kaartjies is nou beskikbaar by die kantoor. Skakel 012 252 3317 of alternatiewelik Jay-Jay Moll 083 467 3823 / SP du Plessis 082 418 6604.

Wild Willer Wildsfees 28 Julie 2018

Die Wildsfees wat jaarliks op Laerskool Brits se velde aangebied word, is om die draai! Maak seker jy kry jou kaartjie by die skool se kantoor. Kaartjies sal ook by die hekke beskikbaar wees (Volwassenes: R100/ Kinders: R50. Voorskoolse kinders se ingang is gratis) 

 

Talle kunstenaars, ondermeer Dirk van der Westhuizen en Flooze, sal die gehoor vermaak. ‘n Speelpark vir die kinders is soos altyd hoog op die prioriteitslys en vure sal aangesteek word om te sorg dat die koue niemand weghou nie! Dit is ‘n dag wat vir seker nie misgeloop kan word nie!

Die Kermis Kaskenades 2 Maart 2018

Laerskool Brits se jaarlikse Kermis, die jaar bekend as die Kermis Kaskenades, was 2 Maart 2018 aangebied. Dit was ‘n fees om saam met Elvis Blue te kan sing en dans! Baie dankie vir almal wat die vertoning bygewoon het. 

Die Britsie-Fees 10 Februarie 2018

Baie dankie vir elkeen wat die Britsie-Fees met Jo Black en Appel bygewoon het. Julle is ware #feesfiks aanhangers!