Laerskool Brits


Go to content

Gr. 4

Klaswerk

LOSKOPDAM TOER - 27, 28, 29 SEPTEMBER 2011

Graag bring ons die volgende sake t.o.v. die Opvoedkundige toer onder u aandag.

Soos u reeds weet het Me. Magda Schoeman van Edu-Toere die aangeleentheid tydens ons Kenmekaar-aand vir ons mooi verduidelik. Die Opvoedkundige toer is werklik van hoogstaande gehalte en is vir die leerders aangenaam en besonder waardevol. Baie van die besienswaardighede en aktiwiteite word in verskeie leerareas behandel. Deeglike toesig word deur al die Gr. 4-Personeel gehou.

Die leerders en personeel gaan by Aventura vakansie-oord te Loskopdam tuis. Vervoer, etes, verblyf en alle besienswaardighede vir die toer beloop R1 150-00 per leerder. Maak 'n keuse van betaling soos dit u pas. Alle gelde moet asseblief einde Augustus betaal wees. Die eerste 100 leerders wie se geld betaal is, sal die toer kan meemaak.

'n Beheerliggaamsbesluit behels dat leerders wie se onderriggelde nie op datum betaal is ten tye van die toer nie, mag ongelukkig nie die toer meemaak nie. Dus maak ons staat op u samewerking ook met die betaling van skoolgelde.

Ons vertrou dat die toer tot voordeel van u "kroos" sal strek en ons as Opvoeders net die beste vir elke kind sal bied. Mammas hoef nie bekommerd te wees oor hul seun of dogter wat vir twee nagte gaan uitslaap nie. Wees verseker die laaste dag wil hul nie huiswaarts keer nie.

Me Christa Loock

Engels
LO


Me Mariette Pieterse

Wiskunde


Mnr Piet van Staden

NW, Teg, en KK


Me Marthie Ras

EBW en SW


Me Malie Botha

Afrikaans



Back to content | Back to main menu