Laerskool Brits


Go to content

Grondbeginsels

Die skool

Grondbeginsels wat eie aan die karakter van Laerskool Brits is:

" Elke kind moet 'n gelukkige kind in Laerskool Brits wees.
" Dit is belangrik dat hoë akademiese-, sport- en kulturele standaarde nagestreef moet word deur personeel en leerlinge,
" Dat alle leerlinge aan uitdagings en geleenthede blootgestel moet word om hulle menswees te ontwikkel sodat hulle aan die eise van die toekoms kan voldoen.
" Die gedrag en dissipline van ons leerlinge moet in pas wees met die missie en erekode van Laerskool Brits, soos vervat in die Prospektus.
" Indien ons swak taalgebruik, swak gedrag, geen respek, diefstal, boelie eienskappe, vandalisme ens. van enige leerling ervaar, is dit onaanvaarbaar en teenstrydig met die karakter van Laerskool Brits en sal ten sterkste teen 'n leerling opgetree word soos vervat in die dissiplinêre stelsel van ons skool.
" Dat die besondere vennootskap tussen personeel, ouers en leerlinge, soos ons dit ervaar, moet gekoester word.
" Ek het 'n oopdeur-beleid vir leerlinge en ouers om enige probleemgevalle onder my aandag te bring.
" Die Personeel moet ontvanklik wees vir die behoeftes van leerlinge en mag afsprake deur ouers met personeel gemaak word om probleme van leerlinge te bespreek.
" Die Beheerliggaam is daar en kan enige probleme ook onder hulle aandag gebring word.
" Ouers is egter die primêre opvoeders en vra ons u om ons te ondersteun in die karakterbou van ons leerlinge.


Back to content | Back to main menu