2012
Boodskap van die Hoof
'n Eenvoudige maar betekenisvolle vers uit 'n gedig van Edwin Markham(1852-1940) gee 'n opsomming van die gesindheid wat ons behoort te hê.
"Dit is wonderlik om die droom te droom - As jongeling langs 'n sterblink stroom
Maar veel groter as die lewenslange strewe - om eindelik te kan sê, die droom lewe."
Moenie tevrede wees met middelmatigheid nie. Moet nooit dink "Dit kan gaan" is goed genoeg nie. Laat jou droom lewend word!
Mnr PCJ Loots
(Hoof)
Skoolure: 7:30 tot 13:00
Groot genoeg om wenners te wees
Klein genoeg om wenners te kweek
Erekode:
In die skool streef ons die Christelike lewensbeginsels na en gee die ereplek aan die Drie-enige God en Sy woord.Ons talente het ons van Hom ontvang en wend dit tot Sy eer aan.