Laerskool Brits


Go to content

Kennisgewings

Die skool

Dis vir ons aangenaam om die School Communicator bekend te stel - 'n innoverende en opwindende manier om met ouers te kommunikeer. Die School Communicator hou jou ingelig oor wat by die skool gebeur. Dit word outomaties opgedateer en gee jou al die jongste nuus en kalender-inligting oor geleenthede wat voorlê. Dit bevat ook 'n fotogalery, 'n kontaklys en 'n hele klompie nuttige skakels en dokumente.

Hoe om weg te trek
Dis maklik om die School Communicator te installeer. Laai die CD wat jy ontvang het in jou rekenaar. Dit behoort vanself te speel. Klik op "Install" en volg die instruksies op die skerm. Jy kan ook die installeerder aflaai vanaf die School Communicator-webwerf:
www.school-communicator.com/downloads.
Kan ook kommunikeerder op jou selfoon laai gaan in by
http://schoolcommunicator.mobi

Jy kan die School Communicator laai op soveel rekenaars as wat jy wil, byvoorbeeld by die werk en tuis, jy en jou wederhelf. Die School Communicator werk saam met Windows XP, Vista en Windows 7, sowel as Mac OS 10.5 en 10.6.

Altyd op datum
Nuus en relevante inligting word gereeld deur die skool bygevoeg. Jou School Communicator sal outomaties opdateer soos nuwe inligting bygevoeg word. Jy hoef niks verder te doen nie. Die School Communicator verskyn een keer per dag, wanneer jy jou rekenaar aanskakel, sodat jy altyd ingelig sal wees oor wat by die skool gebeur.

Kry net die nuus wat jy wil hê
Jy kan kies watter nuus en kalender-inligting jy wil ontvang. Klik op "Personalise" en selekteer die toepaslike opsies uit die lys wat verskaf word.

Hou ons ook op datum
Maak seker dat ons jou korrekte kontakbesonderhede het - dateer jou persoonlike besonderhede op deur op "My Details" te klik. Dié inligting word direk na die skool gestuur en word gebruik om ons eie rekords op te dateer. Dit word nie aan enigiemand anders verskaf nie. Dateer asseblief jou besonderhede op sodra enigiets verander sodat ons rekords altyd op datum is.

Tegnologie:

Ons Britsies is propvol inisiatief. Die "stoele" is gemaak uit afvalprodukte en die Britsies wys dat alles 'n nut het. Jy het net 'n Britsie nodig om vir jou 'n idee te gee.

Sokkie 2011:
'n Lekker sokkie was in die skoolsaal gehou om die nuwe kwartaal af te skop. Die Britsies het al hulle "dansstyle" uitgevoer! Nog foto's is beskikbaar op Facebook ("altyd 'n Britsise")

Voortrekkers
Organiseerder, (alle navrae) - Me Trudie Roos - 0828014358
Die voortrekkers is 'n kultuurorganisasie wat kinders leer van Afrikanerskap, Burgerskap en Christenskap. Spanbyeenkomste is Woensdae vanaf 16:60-17:30 by Laerskool Olienpark.




Back to content | Back to main menu