KULTUUR @ LAERSKOOL BRITS

Skool is nie net boeke en sportvelde nie.
Ons skool is baie trots op ons kultuurprogram.
Met vele kultuuraktiwiteite en geleenthede maak ons seker dat ons leerders wie se fortè eerder in die kunste is, se kalender ook kan volbly!

Kultuuraktiwiteite sluit in:
– Redenaars
– Revue
– Koor
– Kuns
– Kunswedstryd, Eisteddfod en nog vele meer!

Redenaars

Laerskool Brits is uiters trots op ons puik redenaars. Ons is geseënd met uiters talentvolle renaars van alle ouderdomme.
Daar gaan nie ‘n jaar verby dat daar nie ten minste ‘n paar van ons leerlinge ver vorder by ATKV nie.
Ons bied ‘n wonderlike redenaarsprogram, en ons redenaarsgeleenthede is altyd ‘n hoogtepunt op ons kultuurkalender!

Revue

Laerskool Brits bied elke twee jaar ‘n Revue aan. Hierdie is geleenthede om nie te mis nie. Pret vir jong en oud!
Ons maak seker om ouers en belangstelendes te vermaak met puik optredes wat goed uitgewerkte choreografie en ons eie opgeneemde klankbaan insluit.

Koor

Wanneer daar nie Revue is nie, bied ons skool Koor-aande en geleenthede aan.
Met ‘n Junior Koor onder leiding van Me. Hannelie Steyn, en ‘n Senior Koor onder leiding van Me. Jolani Du Preez, is dit geen verrassing dat ons sangertjies harte in die skool, dorp en geweste beKOOR nie!

Kunsvlyt

Picasso en Da Vinci moes ook iewers begin het…

Hier by Laerskool Brits bied ons ‘n puik kunsprojekte vir al die kreatiewe vingers en breine van ons leerders.
Onder leiding van Me. Annelie Grobler word verskeie geleenthede, projekte van by die skool tot nasionaal aan deelgeneem.
Van ons leerders se handewerk verskyn jaarliks in groot kompetisies as finaliste en hul werke verskyn ook jaarliks in verskeie kalenders!

Kunswedstryd, Eisteddfod en Beeldende Kunste

Laerskool Brits neem elke jaar deel aan kunswedstryde, en ons leerders presteer altyd puik!
Of dit nou Sang, Instrumentaal, Voordrag, Lees of Poësie is… Ons leerders is altyd gereed vir die uitdaging!