Sport
Vir meer inligting gaan na Laerskool Brits kommunikeerder.
www.school-communicator.com/downloads.
CHESSA Youth Commission
Presents
SAJCCC 2011
Die SA's Desember is oop vir enige deelnemer, dan word die top 10 presteerders genooi na die SA-geslote in April.
As jy eerste tot sewende gekom het Desember is jy verseker dat jy uitgenooi sal word. Posisie agt tot tien is "wild-cards", dws spelers wat dalk vorige jare goed presteer het, maar hierdie jaar ongelukkig was, of spelers wat goed gespeel het maar net-net uitgeval het, mag so inkom. Daar is 'n paneel keurders wat hierdie 3 spelers kies.
Daar was 3 spelers van Laerskool Brits wat Desember in die top 10 geeindig
het:
Carla bester 0/8 dogters (9de)
D Bester 0/8 seuns (9de)
Hanri Engelbrecht 0/10 dogters (6de)
D Bester het ongelukkig uitgeval, en Seun-Luc 0/14 is in as 'n "wild-card" ingekom.
Die leerlinge het die geleentheid om Skaakonderrig te ontvang. Me Laura Bezuidenhout is 'n gekwalifiseerde skaakafrigter en 'n bekende in die Brits-omgewing. Onder Me Bezuidenhout se leiding sal sy u kind leer skaak speel. Onderrig in skaak stel kinders in staat om te presteer op vele terreine.
Skaak bevat elemente van sport, kuns en wetenskap. Die skeppende vermoëns van wêreldklasspelers, soos dit in hul beste spelle na vore kom is die kunsfaset. Skaakafrigting en skaakprogramme vereis 'n wetenskaplike benadering.
Die vele voordele van skaak kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Eienskappe wat deur skaak bevorder word is onder andere: kreatiwiteit, redenasie vermoë, konsentrasie, volharding en die vermoë om prioriteite te orden. Skaak kan 'n waardevolle hulpmiddel wees vir die remediëring van kinders se wiskundepunte.
Onderrig vind een keer per week by die skool plaas:
Beginners: Gr.1,2 - Maandae van 12:30 - 13:30 (R160 per kwartaal)
Beginners: Gr.3-7 - Maandae van 13:15 - 14:00 (R160 per kwartaal)
Beginners: Gr.1 - 7 - Dinsdae van 13:00 tot 14:00 (R160 per kwartaal)
Gevorderd: Gr.1-7 Dinsdae van 14:00 tot 15:00 (R180 per kwartaal)
Junior Fase 1 : Vrydae vanaf 13:00 tot 14:30 (Saam met Daniël)
Junior fase 2 : Vrydae vanaf 13:00 tot 14:30 (Saam met Johannes)