Die skool
Kyk asseblief na al ons Britsies se kleredrag.'n Trotse Britsie is netjies aangetrek en trots op sy/haar skooldrag. Skooldrag is beskikbaar by La Varé, Estetica en Hagels. Die klerebank is Dinsdae en Donderdae vanaf 12:00 tot 13:00 oop. Die klerebank is afhanklik van skenkings van skooldrag wat nie meer vir kinders pas nie of as kinders die skool verlaat.
Netjiese wintersdrag:
Dogters:
Skoolsweetpak met groen KDA hempie.Provinsiale sweetpak mag slegs Vrydae gedra word.Skooltrui, Bottelgroen Dri-macSkoolkouseSwart skoolskoene (GEEN tekkies) Dogters mag ook nou 'n netjiese grys langbroekie dra met 'n grys hempie.
Seuns:
Skoolsweetpak met grys skoolhemp of groen KDA-hempie Provinsiale sweetpak mag slegs Vrydae gedra word.Skooltrui, Bottelgroen Dri-macSkoolkouseSwart skoolskoene (GEEN tekkies)
KDA - kleredrag
Leerders dra voorgeskrewe hempie en broekie slegs op die dag wat KDA op hul roosters is.
Somersdrag:Dogters:Skoolrok, Skoolkouse
Swart skoolskoene (Geen tekkies, plakkies ens)
Skoolbroekie (Groen spanbroekie word toegelaat maar mag nie onder rokkie uitsteek nie.
Lengte van die rok moet netjies en gemaklik vir 'n aktiewe skooldag wees.
Geen KDA drag behalwe as dit op rooster is.
Seuns:
Grys skoolhemp, grys kortbroek
Skoolkouse
Swart skoolskoene (Geen tekkies)
Geen KDA drag behalwe as dit op rooster is.
Tydens somerseisoen - Geen Provinsiale sweetpakke.