Sport
TROMPOPPIES:
PROGRAM VIR DIE VOLGENDE PAAR WEKE:
14 Mei by Laerskool Brits
21 Mei in Brits by die Kerk
28 Mei by die Rustenburgse Skou.
11 Junie Provinsiale finale.
LAERSKOOL BRITS TROMPOPPIES 2011
Laerskool Brits Trompoppies is reeds 6 jaar aan die gang en is trots om Hoërskool Brits se span te verwelkom in ons streek vir 2011.
2011 is die begin van 'n nuwe era waarin ons trots die North West Majorettes & Cheerleading Assosiation kompetisie 3 aan gebied het by Laerskool Brits. Hierdie sal 'n jaarlikse instelling word.
2011 was voorwaar 'n voortreflike jaar met wonderlike prestasies. Ons afrigters: Ria du Plessis (Hoof afrigter) en Marna Rademeyer (Hulp afrigter) het hulle ere baldjies gekry vir 5 jaar afrigting. Ria gaan ook in Augustus vir haar Novus eksamen, waarna sy dan kwalifiseer vir haar Noord Wes kleure in Trompoppies.
Huidiglik het ons 6 meisies wat hard oefen om ook in Augustus deel te neem aan die Noordwes Kamp. Hier word fiksheid, voorbereide optrede asook onvoorbereide optrede getoets. Indien die meiseis slaag, kry hulle hul Noord Wes kleure, en kan dan deur dring na die SA's in Desember.
Ons Laerskool Hoof leidster, Monique Botha, het eerste plek gekry in die finale Provinsiale kompetisie.
Laerskool Brits Trompoppies het ook gekwalifiseer vir die Nasionale Kompetisie wat in Durban plaas gevind het in Julie 2011. Hier het ons tweede plek in die Prestige afdeling Pom-pons en Vlag groep gekry.
Met die "Champs of Champions" is Laerskool Brits algeheel 4de gelys, uit 16 skole.
Ons doelwit vir 2012 is om al drie die groepe, Pom-pon, Vlag en "Small drill" groepe, weer deur te vat na die Nasionale kompetisie en dan weg te loop met die "Champ of Champions" troefee.
Huidiglik tree ons op by kerk bazaars en u word vriendelik uit genooi om na ons optredes te kom kyk op die volgende datums:
13 Augustus Klein Paradys
02 September AP Kerk
03 September Sandfontein
24 September NG Kerk Hartbeespoort
Meer inligting is later beskikbaar.
Vir verdure navrae kan u die volgende persone kontak:
Ria du Plessis Hoof Afrigter 0835403960
Marna Rademeyer Hulp Afrigter 0721561225
Helga Britz Administrasie & besprekings 0747953622
Trompoppie groete